Twee Valies onder Mrs Grand SA finaliste
Stem gerus vir hierdie twee mooie dames uit die Vaal. Vir meer info, lees hier.
Twee van die Vaal se bekendste dames, Letitia Swartz en Danelle Dreyer, is onlangs as finaliste in die Mrs Grand South Africa-kompetisie aangewys.
Danelle is ‘n sakevrou van Meyerton, realiteitsreeksaanbieder en ma van vier. Letitia is bekend as Sasolburg se veearts met die omgeehart en borrelende persoonlikheid.

Die doel van die kompetisie is om ‘n vrou te vind wat beoordelaars nie alleenlik met haar fisiese skoonheid en selfvertroue kan betower nie, maar ook werk aan die verbetering van die samelewing.

Die wenner van die kompetie sal om die internasionale titel meeding. Mrs Grand South Africa se kroningsplegtigheid vind in Oktober plaas.
Ons plaaslike skoonhede benodig die Vaal se ondersteuning. Om vir Danelle te stem, SMS AFRICA 605 na 47439 en om vir Letitia te stem SMS AFRICA 606 na 47439.
