Local newsNewsNews

Geen salarisse vir Emfuleni-amptenare

Amptenare en raadslede van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) het nie soos gebruiklik gister op die 25ste salarisse ontvang nie.

EMFULENI. – Volgens Gerda Senekal, VF Plus raadslid by die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, het Randwater het op 19 April beslag gelê op Emfuleni se bankrekening weens uitstaande skuld van R888 245 710.

Die waterverskaffer het egter uit goedertrou die beslagleggingsbevel vir ʼn dag opgehef sodat salarisse betaal kon word.

Senekal sê intussen het ʼn groep amptenare van Emfuleni egter die hooggeregshof genader om ʼn beslagleggingsbevel vir uitstaande voordele van R600 000 wat aan hul verskuldig is. Die hooggeregshof het die amptenare toestemming gegee om op die munisipaliteit se bankrekening beslag te lê.

Dit het daartoe gelei dat geen salarisse gister uitbetaal kon word nie.

“Emfuleni skuld die amptenare wat om die beslagleggingsbevel aansoek gedoen het R600 000 vir onder meer behuisingstoelaes en ander toelaes wat nie aan hulle uitbetaal is sedert Emfuleni in 2018 tot ʼn graad B-munisipaliteit opgegradeer is nie.

“Alhoewel die amptenare wel salarisse ontvang het volgens die nuwe posvlakke, is die byvoordele nie dienooreenkomstig aangepas en uitbetaal nie.

“Amptenare en raadslede word nou benadeel weens die ANC-beheerde Emfuleni se wanbestuur van die munisipaliteit,” sê Senekal.

“Met die ANC in beheer van Emfuleni is daar geen lig aan die einde van die tonnel nie en sal die munisipaliteit rondstrompel van een katastrofe na die volgende.

“Emfuleni verdien beter as die ANC,” meen Senekal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button