Lyk in rivier by Vosloopark ontdek
Die lyk van 'n man is Woensdag (26 April 2023) in die Kliprivier by Vosloopark ontdek.
VEREENIGING. – Vaalweekblad verneem die lyk is tussen 17:00 en 18:00 Woensdagmiddag deur ‘n verbyganger in die water ontdek.
Die man het die polisie in kennis gestel.
Volgens konst. Tlaleng Moloi, ‘n polisiewoordvoerder, het die polisie ongveer 18:30 by die toneel naby die hoek van Brandmullerrylaan en Golfstraat opgedaag en die lyk aangetref waar dit in die water gedryf het.
Polisieduikers het blykbaar Woensdagaand reeds die liggaam uit die rivier gehaal.
Daar word vermoed dat die lyk reeds sowat ‘n week in die water was voor dit ontdek is.
Die oorlede is ‘n manspersoon.
Die polisie is besig met ‘n geregtelike doodsondersoek.
Mense met inligting wat kan help om die saak op te los kan Vereeniging-polisie by (016) 450 2264 skakel of die polisie se MySAPS app gebruik om inligting deur te gee.
