Local newsNewsNews

Daar word saam gebid vir Meyerton

MEYERTON. -  Sewe gemeentes het reeds met die begin van 2023 hande gevat en al die Predikante het saam begin bid vir Midvaal. Sondagmiddag (23 April 2023) was dit weer tyd vir 'n saamtrek en gebed. Lees meer as jy ook betrokke wil raak.

“Sewe punte rondom Meyerton Oos was geïdentifiseer waar elke gemeente sou saamtrek en ’n gebedsklip-altaar sou oprig. Ons het net die behoefte gehad om ons area en grondgebied net weer terug op te eis vir die Koninkryk van God,” verduidelik pastoor Jan van der Walt.

“Ons bid dat die inwoners weer ’n geestelike honger sal ontwikkel vir die Here en opnuut weer sal inskakel en betrokke raak by die plaaslike gemeentes.  Alhoewel daar verskillende denominasies bestaan, is ons almal lief vir die Here en Sy mense”.

“Daar was glo groot opgewondenheid toe elke gesin teenwoordig hul huis se klip tydens die saamtrek neergelê het.  Selfs die kinders het vinnig karige bouers geword. Klip vir klip; huis vir huis. Die meeste punte het ook ’n kruis opgerig as ’n punt van herinnering en simbool van oorwinning,” vertel pastor Jan.

“Daar is saam gebid teen die armoede en misdaad wat die Midvaal-area teiken, en ons proklameer die Here se oorvloed en geregtigheid.  Ook ons plaaslike Midvaal munisipaliteit, SAP en Laerskool Voorwaarts was opgedra vir wysheid en leiding”.

Meyerton Oos Fraternal se volgende projek word beplan vir die tweede semeste. ‘n Straatoptog en ’n groot gesamentlike opelug uitreiking in ‘n publieke park vorm deel van die beplanning.

Alle belangstellers is welkom om met my of Past Gert van Wyngaard (060 921 3095) kontak te maak.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button