Van kettieskiet tot boeremusiek
DENEYSVILLE. - Kom kuier saam 6 Mei by hierdie lekker boere-kettie-makietie
DENEYSVILLE. – Hier is ‘n lekker okasie vir die hele familie. Saterdag, 6 Mei is dit weer tyd vir die NG Kerk Deneysville se jaarlikse basaar en hierdie jaar gaan dit nog groter en beter wees.
Naas al die tradisionele lekkernye soos vetkoek, kerrie en rys, sosaties en spitbraai, is daar ook pannekoek, nagereg, lekkergoed en gebakte eetgoed vir die soettande.

Dan is die Deneysville dames ook bekend vir hul mooie handwerk wat te koop sal wees.
Bring koelsakke saam want daar sal vleis vars van die plaas beskikbaar wees. Niemand gaan dors ly nie, want natuurlik is daar boeretroos, tee en koeldrank ook.
‘n Boereorkes sal heeldag sorg vir musiek en dan gaan een van Deneysville se plaaslike sangers, Armand du Preez ook optree.
Vir die jongspan sal daar deur die dag speletjies aangebied word en om 12:00 is daar ‘n mini veiling waar alles en nog wat opgeveil gaan word.

Buks Havenga het laat Gerda Bruinette weet daar wag ook ‘n ekstra verras sing vir kettie entoesiaste en versamelaars.
“Ons gaan ‘n kettie uitsalling hê waar mense nie net die verskillende ketties kan besigtig nie, maar ook hul vaardighede met kettie en klip op die toets kan stel.
Mense sal ook die geleentheid hê om te stem vir die beste ketties en die top vyf sal opgeveil word.
Bring die hele familie en kom geniet ‘n dag vol pret en lekker eet. Die NG Kerk Deneysville is in die hoofstraat van Deneysville aan die Vrystaatkant van die Vaaldam. GPS: -26.89097299684788, 28.097052717038192.
