29 April is ‘n belangrike dag elke jaar
want dis wanneer onse redakteur verjaar.
Sy en Vaalweekblad is onafskeibaar
Altyd gereed met kamera in die hand
Een van die beste fotograwe in die land
Daarvan kan al haar toekennings getuig
Dan weet sy ook van artikels skryf
En is goed in die uitleg bedryf.
Diereliefhebber met ‘n sagte plek vir ‘n kat
Natuurlik bly haar pug, Danny haar beste skat
Altyd gereed met advies en raad
Vredebewaarder van formaat
Laat artikels maak haar bietjie kwaad
Sy verstaan haar span se dinge en geite
terg ons na binne, maar beskerm na buite
Dankie Elsje en lekker verjaar
op jou verjaarsdag, hiep, hiep hoera!
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
