Local newsNews

Moenie troeteldiere kry as jy beplan om oorsee te gaan nie

"Ongelukkig is daar wel mense wat nie wou gaan nie, wat nie beplan het om te gaan nie, maar wat geen ander keuse gehad het nie."

Christiena Lottering van Vanderbijlpark skryf na aanleiding van mense wat emigreer en hul troeteldiere by die diereskuilings agterlaat:
Dis regtig aaklig en ek kan nie dink waardeur julle of die hondjies moet gaan nie. Ongelukkig het die situasie in SA so versleg vir baie Afrikaners. Ons het nie werk nie, nie geld nie, ons is nie veilig of welkom in ons eie land nie. Dinge vir die toekoms lyk nie goed nie. Ek bly en is nie op pad êrens heen nie.

Is daar dalk ‘n gedeelte van julle harte wat verstaan dat as daar regtig vir jou niks oor is nie, ‘n troeteldier nie die bepalende faktor kan wees nie. As jy dink aan oorsee gaan, moet nie eers dink daaraan om ‘n troeteldier aan te skaf nie. Ongelukkig is daar wel mense wat nie wou gaan nie, wat nie beplan het om te gaan nie, maar wat geen ander keuse gehad het nie. Jy kan nie sonder werk sit, elke aand vrees vir jou lewe en dié van jou kinders, wonder waar julle volgende maaltyd vandaan gaan kom, en dan maar vrek van ellende omdat jy nie jou hond mag agterlaat nie. Dink bietjie daaroor.

Vir dié wat honde aanskaf en sommer net oppak en waai vir die lekker – hulle kort ‘n klap teen die oor – maar julle sê almal het dieselfde storie? Hulle gaan Australié of Brittanje toe. Ek belowe julle dis nie vir ‘n lang vakansie of pret nie. Dis ‘n baie moeilike/hartseer/brawe besluit wat deur hulle geneem word vir een rede en een rede alleen: Oorlewing. En daarvoor kan ons hulle nie kwalik neem nie. Selfs al beteken dit hul honde/katte moet agterbly. En ek belowe julle ook, dié wat noodgedwonge gaan, het ook nie R50 000 om woef of kat oor te vlieg nie.
Dankie aan die DBV vir die goeie werk wat julle doen. Wens ek kon nog diertjies kom haal, maar sit klaar met twee rescue-honde en drie rescue-katte. Ons is nog oukei vir nou, maar wie weet wat more inhou, né?

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button