Local newsNews
Oudbevelvoerder van Regiment Overvaal sterf
Vaalweekblad groet 'n groot gees wat deur die jare ook 'n groot vriend van die koerant geword het
VEREENIGING. – Vaalweekblad verneem met hartseer dat ‘n voormalige bevelvoerder van die Regiment Overvaal, oud-kolonel Lourens Human, gister in die ouderdom van 92 oorlede is.
Dié veelsydige man was nie net ‘n uitblinker op militêre gebied nie. Hy was in sy jong dae ‘n ywerige sportman en student in Vereeniging en het later jare ook sy stempel in Suid-Afrika se ingenieursbedryf afgedruk.
Vaalweekblad sal komende week ‘n volledige berig oor wyle kol. Human in die papieruitgawe plaas.
- Vaalweekblad groet ‘n groot gees wat deur die jare ook ‘n groot vriend van die koerant geword het. Ons innige simpatie aan wyle kolonel Human se familie en vriende.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
