Local newsNewsNews

Vaal Marathon ploeg terug in gemeenskap

Die Vaal Marathon vind jaarliks op die eerste week van Maart in Vereeniging plaas. Tydens vanjaar se marathon is daar weer duisende rande vir liefdadigheidsorganisasies in die Vaaldriehoek ingesamel.

VEREENIGING. – ‘n Bedrag van R10.00 is op vanjaar se inskrywings gehef om die geld in te samel.

Vanjaar kon die Vaal Marathon Reëlingskomitee altesaam R21 810 vir LifeLine Vaal insamel en R17 790 vir Trimed.

LifeLine Vaal is ‘n nie-winsgewende organisasie wat konfidensiële berading 24 per dag aan die gemeenskap van die Vaaldriehoek bied.

Trimed, is ‘n sub-akute verplegingsentrum in Drie Riviere.

‘n Spesiale ete is op Woensdag (26 April 2023) gehou om almal wat gehelp het om vanjaar se Vaal Marathon ‘n sukses te maak te bedank. Geld is ook tydens die Vaal Marathon vir liefdadigheidsorganisasies ingesamel. Op die foto, van links na regs: Godfrey Mtimkulu (Direkteur: Sharp Medical), Suzanne Cilliers (Hoof Professionele Verpleegster: Trimed), Charl Beukes (Voorsitter: Vaal Atletiekklub), Colleen Rogers (Direkteur: LifeLine Vaal) en Bonita Andrews (Administratiewe Beampte: Proudly Three Rivers). Foto: Christiaan Cloete

Die Vaal Marathon Reëlingskomitee het ook R8 000 aan Sharp EMS, ‘n ambulans- en nooddiensverskaffer wat tydens die Vaal Marathon bystand gebied het, geskenk.

Altesaam R5 000 is ook aan Proudly Three Rivers, ‘n organisasie wat met behulp van befondsing van die publiek Drie Riviere in stand hou en slaggate regmaak, geskenk.

Charl Beukes, voorsitter van die Vaal Atletiekklub het tydens ‘n spesiale ete, wat op Woensdag (26 April 2023) by die Footprints-restaurant in Vereeniging gehou is, alle rospelers bedank wat gehelp het om die marathon weer ‘n sukses te maak.

‘n Trofee is tydens die geleentheid aan Carl Bechem Africa (Edms.) Bpk., ‘n maatskappy wat in smeermiddels vervaardig, oorhandig vir hul besonderse verversingspunt tydens vanjaar se Vaal Marathon.

Carl Bechem (Edms.) Bpk. het ‘n trofee ontvang vir die beste waterpunt tydens die Vaal Marathon. Op die foto oorhandig Charl Beukes, voorsitter van die Vaal Atletiekklub, die trofee aan Janie van der Hoff, ‘n finansiële administrateur by Carl Bechem. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button