Wie kan help om stormwaterpype oop te maak?
Enige persoon wat kan help, kontak asseblief vir Johanna Engelbrecht by 079 639 8554.
Elizma Janse van Rensburg skryf:
Die toestand van Ronnie Gibsonstraat, Unitaspark in Vereeniging, lyk haglik. Pleidooie na die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM) om die stormwaterpype oop te maak en die pad te red, val op dowe ore.
Die ergste is reg voor Ronnie Gibsonstraat 4, wat die tuiste van 18 Sassa-pensioenarisse is. Die bejaardes in daardie huis is afhanklik van voedseldonasies vanaf die publiek, maar donateurs wil nie daar ry nie want die voertuie val vas in die modder. Is daar enigiemand wat op ‘n manier kan help? Dalk ‘n kontak by ELM of dalk kan Vaalweekblad dit publiseer?
Van die manne wat in Ronnie Gibsonstraat 4 bly, het probeer om die stormwaterpype oop te maak maar die toerusting wat hulle het, is nie voldoende nie.
Enige persoon wat kan help, kontak asseblief vir Johanna Engelbrecht by 079 639 8554.

