Local newsNewsNews
KYK: Tierslagoffer ‘kan steeds tier hoor’ as dit snags stil raak
Die man wat vroeër vanjaar deur 'n ontsnapte tier in die Walkerville-omgewing aangeval is sê hy kan steeds die tierwyfie hoor wanneer dit in die aande stil raak.
WALKERVILLE. – “As dit stil raak in die aande kan ek steeds daai tier hoor,” vertel William Mokoena, die man van Walkerville wat in Januarie vanjaar deur die ontsnapte tierwyfie, Sheba, aangeval is.
Mokoena is weer terug by die werk nadat hy ongeveer een en ‘n half maande in ‘n hospitaal in Johannesburg deurgebring het.
Mokoena werk aan ‘n konstruksieprojek in die Midvaal-omgewing.
Hoewel dit op die oog af lyk of sy wonde genees het is dit volgens hom nog baie seer aan die binnekant.
Volgens Mokoena kan hy nie vir lang tye aaneen staan nie.
Hy worstel ook sielkundig en kry blykbaar gereeld nagmerries.




At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
