Local newsNewsNews

Lekker Boeremark hierdie Saterdag in Vanderbijlpark

Die NG Collage gemeente nooi almal uit na hul Boeremark. Lees meer...

VANDERBIJLPARK. – Sit Saterdag, 6 Mei opsy vir ‘n Boeremark van formaat. Die NG Collage gemeente het laat weet hulle gaan groot die jaar.

Van 08:00 – 13:00 kan besoekers gratis die stalletjies besoek wat alles en nog wat te koop sal aanbied.

Die olifanttafel mag dalk net ‘n verrassing of twee oplewer vir ‘n ideale geskenk vir Moedersdag.

Die varsgebakte brood behoort ‘n treffer te wees, en natuurlik sal daar lekker tuisgebak by die koektafel te koop wees.

Spaar jouself die moeite om ontbyt by die huis te maak.  By hierdie Boeremark sal daar alles van ‘n Boereontbyt tot by hamburgers met skyfies, jaffels, kerrie en rys, poeding en pannekoek te koop wees.

Hulle het nog plek vir ‘n vars vrugte en groente stalletjie of twee. Kontak gerus vir Johan by 083 276 1808 of Steph by 083 660 5039 vir meer meer besonderhede.

Die kerk is geleë op die hoek van SIemens en Hertz Boulevard in CW3, Vanderbijlpark.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button