Local newsNews

Verkeersbeamptes kan hul salarisse hier opmaak

"Hoe kan jy as padgebruiker net sonder enige skuldgevoel oor stopstrate jaag? Mense se lewens is in jou hande."

Yolande Brand van Vanderbijlpark skryf:
Nee, regtig! Ek is so keelvol vir ongehoorsame, selfsugtige padgebruikers. Daar gaan nie ‘n dag verby dat iemand nie ‘n stopteken of rooi verkeerslig verontagsaam nie. Dis mos vir die voëls, nog nooit gesien of gehoor daarvan nie.

Hoe kan jy as padgebruiker net sonder enige skuldgevoel oorjaag? Mense se lewens is in jou hande. Vandag se oranje verkeerslig beteken gee vet, trap die pedaal plat, jaag want die lig gaan nou rooi slaan. Dan kry ek skoon hoendervleis van hoeveel talle kere mense oor ‘n rooi verkeerslig ry, volspoed. Almal moet maar stop vir MY, ek sal môre twee keer stop.
Vyf minute, nie eers nie, is al wat van jou verwag word. Vyf minute wat kan bepaal of jy of jou medepadgebruiker veilig by jou of sy bestemming gaan aankom. Vyf minute wat kan bepaal of jou familie of jou medepadgebruiker se familie wees gelaat gaan word.

Gebruik asseblief jul gesonde verstand en kom die padreëls na. Verkeersbeamptes, ek nooi jul uit, kom staan net een oggend in Hendrik van Eck-boulevard, Vanderbijlpark en julle gaan in ‘n dag jul salarisse opmaak. Niemand neem mos meer verantwoordelikheid vir hul dade nie en niemand is meer lojaal teenoor hul plig nie. Ek is so gefrustreerd en mens se hande is afgekap.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button