Haai oe, onthou om jou kaartjie te kry vir 7 Mei
Lekker vermaak vir 'n Sondagmiddag. Bespreek nou jou kaartjie. Liewe Heksie kom kuier nie baie by die ERT nie!
SASOLBURG. – Kinderteater vir oud en jonk Sondag, 7 Mei by die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg. Liewe Heksie vang vis gaan oud en jonk weer bekoor.
Kyk hier wat het Levinia self te sê.
Koning Rosekrans is al klaar bietjie omgekrap nadat Levinia onlangs die see in Pretoria gesoek het, maar hopelik het sy al van die Vaalrivier gehoor.
Sien, onse Levinia Heks wil ‘n visvangkompetisie wen, maar nou soek sy vrotvelle (eintlik forelle) om te vang.
Na wat verneem word het sy nie ‘n visstok nie, maar sy reken haar besem sal goed werk. Blykbaar het Blommie haar leer visvang.
Karel Kat het sy bedenkinge en intussen het die ou nare Geel Heks van die hele avontuur te hore gekom.
Liewe Heksie sê sy sien almal 14:00 Sondagmiddag by die “Ettie”. “Onthou net om eers ‘n kaartjie te koop, anders gaan jy dalk nie ‘n stoel hê om op te sit nie.”
Kaartjies beloop R120 per persoon en kan by www.ertickets.com bespreek word.
