Local newsNewsNewsSport

Landloopseisoen is hier!

Atletiek Vaaldriehoek se landloopliga skop hierdie Saterdag (6 Mei 2023) af met die eerste ligabyeenkoms by Hoërskool Driehoek.

VANDERBIJLPARK. – Terwyl talle atlete van die Vaaldriehoek hul laaste oefenmyle insit ter voorbereiding vir die Comrades-ultramarathon wat in Junie plaasvind, maak ander gereed vir Atletiek Vaaldriehoek (AVT) se landloopliga wat op Saterdag 6 Mei by die Noordwes-Universiteit se Vaaldriehoekkampus afskop.

Die dag se verrigtinge begin om 10:00 met die 1 km-wedloop vir seuns en meisies wat tussen 2015 en 2017 gebore is en sluit om 13:45 af met die ope 2 km-wedloop vir deelnemeners oor 16.

Vanjaar se laandloopliga bestaan uit altesaam ses ligabyeenkomste wat onderskeidelik op 6 Mei, 27 Mei , 10 Junie, 1 Julie, 22 Julie en 5 Augustus by verskillende plekke regoor die Vaaldriehoek sal plaasvind, sowel as die AVT-kampioenskap wat by die Vaal Universiteit van Tegnologie se sal Steyl-stadion sal plaasvind.

Atlete sal dit tydens die AVT-landloopliga uitspook vir ‘n plek in die Vaaldriehoek-span wat op 16 September in Gqeberha in die Oos-Kaap sal deelneem aan die ASA se nasionale landloopkampioenskap.

Atlete word op grond van deelname aan ligabyeenkomste en kwalifiserende tye gekies.

Die program is as volg:

*6 Mei 2023 by HS Driehoerk, aangebied deur Hoekies AC

*27 Mei 2023 by Emerald Casino, aangebied deur Transvalia AC

*10 Junie 2023 by George Thabe-stadion, aangebied deur Lekoa

*1 Julie 2023 by H/S Dr. Malan, aangebied deur Blue Runnings AC

*22 Julie 2023 by H/S Dr. Malan, aangebied deur Blue Runnings AC

*5 Augustus 2023 by L/S Kollegepark, aangebied deur Nedbank

*19 Augustus 2023 by VUT (AVT-kampioenskap), aangebied deur Dimathi/VUT

*16 September 2023 by Nelson Mandela Univerisiteit Gqeberha – (SA-kampioenskap)

Vanjaar se landloopliga bestaan uit ses ligabyeenkomste en die AVT-kampioenskap. Foto: Christiaan Cloete
Van die Vaaldriehoek se topatlete in aksie tydens een van verledejaar se byeenkomste. Foto: Christiaan Cloete
Vanjaar se landloopliga beloof om landloopaksie vanuit die boonste rakke op te lewer. Foto: Christiaan Cloete
Nathaniel Kotole in volle vaart tydens verledejaar se landloopliga. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button