Local newsNewsNews

Prime drankies laat behoorlik die koppe spin

Dis duur, redelik skaars en het SA soos 'n orkaan getref! Ons sien dit skielik oral en dit laat behoorlik jou kop spin ... waaroor gaan dit alles? Hier is so bietjie meer agtergrond.

Prime is ‘n reeks sportsdrankies wat deur die YouTube sensasies Logal Paul en KSI ontwerp en bemark word. Hulle was voormalige teenstanders in die bokskryt voordat hulle kragte saamgesmelt het.

Dit is reeds in 2022 in Amerika vrygestel en danksy die gewilde YouTubers (wat gesamentlik met meer as tien miljoen volgelinge spog) het dit vinnig ‘n sensasie geword.

Dit is ook die amptelike geborgde drankie van die LA Dodgers (bofbalspan) in die VSA wat dit nog verder bemark het.

In Suid-Afrika het Checkers dit te koop op sy rakke aangebied en dit het soos soetkoek verkoop. Ouers met hul tieners het by sekere sentrums in rye gewag dat die ketttingwinkel sy deure Maandag oopmaak sodat daar van die drankies gekoop kon word.

Ewe skielik was Prime oral te sien en op almal se lippe (al het hul net daaroor gepraat).

Die Prime Blue Raspberry Hydration Drink 500ml word so geadverteer: On-the-go goodness packed with blue raspberry flavour, this invigorating hydration drink is the perfect boost to replenish, refuel and refresh. It contains 10% coconut water and is a source of B vitamins and antioxidants.

Dit het by Checkers uitverkoop.

Behalwe dat dit vrek duur is, R40 vir 500ml, is baie nie so beïndruk as wat hulle gedink het hulle sou wees nie.

Op sosiale media word gesê die drankies het ‘n baie lekker soet nasmaak,  maar daar was ander wat reken Oros is lekkerder.

Lees wat dink plaaslike inwoner Angelique Jacobs en haar vriend van die drankie:

So we tried prime and it is not worth spending R40 on a 500ml. We tried the icepop and for us it tasted like fizzpop lollypops and from our friends tried other flavours and they said it tasted like Oros and some even said it tasted like watered down Energade. So thank you but no thank you.

Dan was daar ook gerukgte dat die drankies baie ongesond is, maar Prime waarsku darem dat die energiedrankie 200mg kafeïene in elke 355ml botteltjie bevat. Dit word nie aanbeveel vir kinders onder 18 nie, asook nie vir swanger vroue of mense wat sensitief is vir kaffeïene nie.

Die Prime Hydration drankies is egter kaffeïene-vry.

In kort – in my beskeie opinie – kom dit daarop neer dat dit ‘n moeilik bekombare drankie is, wat mense natuurlik daarna laat smag om dit in die hande te kry. Dit is soos enige ander energie drankie op die SA mark – duur, nie so lekker soos gewone koeldrank nie, en ongesond as jy te veel daarvan drink.

Maar ja, mens sal dit seker self moet drink om regtig te besluit of dit nou alles die moeite werd is of nie.

Daar het soos gewoonlik vinnig grappe op sosiale media verskyn:

Die Bar with no Name in Vaalpark het soos oudergewoonte ook sy bydrae gemaak: “Kom probeer ons nuwe PRIME SHOOTER!
Ons kan ook mal wees en k@k verkoop! Niks great vir slegs
R485 vir n single shot en R920 vir n double shot!

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button