Local newsNewsNews
Burgemeester stap in Sicelo
Die burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, rdh. Peter Teixeira, sal Saterdagoggend (5 Mei 2023) die Let’s Walk With the Mayor-pretstap in Sicelo aanbied.

MEYERTON. – Die 5-kilomter pretstap volg op vrugtevolle geïntegreerde ontwikkelingsplanvergaderings met die gemeenskappe in Midvaal.
Die munisipaliteit sê in ‘n verklaring geleenthede soos dié help om gemeenskappe saam te bring, om die diversiteit van gemeenskappe binne die munisipaliteit te vier en is vir ‘n goeie doel.
Die geleentheid sal ook maatskaplike dienste nader aan die mense bring.
Verteenwoordigers van verskeie staatsdepartemente en ander rolspelers sal ook daar wees.
Die pretstap begin stiptelik om 08:00.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
