Valie vertel oor sy ‘stoeigeveg’ met dwelms
Edwin Haasbroek (41) het al soos hy self sê "klip harde Nicker Balls" in sy lewe gekou. Hy het in moeilike omstandighede groot geword, later aan depressie gely en sy "dans" met dwelms het in 'n langdurige "stoeigeveg" ontaard.

Hy het wel later in sy lewe dié “stoeigeveg” gewen, maar nie voor hy die laagste punt in sy lewe bereik het nie. Edwin deel sy hele verhaal en waar hy hom nou bevind in hierdie week se Vaalweekblad (Vrydag, 12 Mei).
Hier is so kort voorsmakie:
Sleepvoet is ek deur hoërskool, my hart word gebreek, “vriende” lag vir my. Los sommer atletiek en krieket, maar gaan nog aan met rugby, want daai sport pomp bloed deur my are! Ek onthou in 1995 Joel Stransky se skepskop teen die All Blacks nog soos gister, 15-12 wen ons, en die hele Suid Afrika sing Leon Schuster se CD tot laat in die nagte rondom die braaivleis vuur. Wit, Swart, pers, blou en groen mense word een— SIMUNYE, we are one.
En toe, bam! Toe ek my oë uitvee, is ek in Standard 9, en ek weet nie wat wil ek eendag doen nie, my punte lyk okay, my gemoed is laag, ek is depressed en negatief, en ek begin uit te voel want al my pelle weet wat hulle wil gaan swot en waar ook.
Ek weet ek gaan moet gaan werk soek, want geld vir universiteit is daar nie. EN TOE MAAK EK DIE K@*STE BESLUIT IN MY LEWE OM DWELMS TE PROBEER.
Holy shit, as ek vir jou kan beskryf hoe dit voel om in die Wiskunde- óf die Wetenskapklas te sit terwyl jy op Acid is, dan sal jy my nie glo nie, dis asof jy in die Parallel Universe is, en die werk wat verduidelik word kan mens ewe skielik “verstaan”, en hier waar ek sit en skryf kan ek net vir die Here dankie sê dat ek my matriek geslaag het.
Sy volle verhaal is iets om te lees!

