Local newsNewsNews
Bakkie bots teen trekker op Plaaskombuispad
'n Bakkie het Sondagmiddag (7 Mei 2023) teen 'n trekker op die Plaaskombuispad tussen Risiville en Meyerton gebots.
VEREENIGING. – Volgens CERT-Sa het nooddiensspanne omstreeks 16:20 inligting ontvang dat daar ‘n botsing op die pad was.
Meyerton-brandweer, die Midvaal-verkeersdepartement en insleepdienste het bystand op die toneel gebied.
Niemand het beserings in die ongeluk opgedoen nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
