Local newsNews

Philip benodig dringend hulp na motorongeluk

As R20 000 vandag nog ingesamel kan word, kan hy more 'n noodsaaklike operasie ondergaan.

‘n Jong man van Vanderbijlpark, Philip Badenhorst (21) en ‘n vriend was Sondagoggend in ‘n motorongeluk in Minnaarstraat, Sasolburg betrokke. Philip het baie seergekry en sy kakebeen is onder andere sleg gebreek. Hy moet baie dringend ‘n operasie ondergaan om infeksie met nog ernstiger gevolge te voorkom.

Ongelukkig het hy nie ‘n mediese fonds nie. Volgens sy ma, mev. Lily Badenhorst, het hulle intussen kontak gemaak met ‘n wonderlike chirurg wat gereël het dat ‘n operasie teen ‘n verlaagde koste van R50 000 gedoen kan word, in plaas van die normale R140 000. Die operasie is nou geskeduleer vir moreoggend, maar dit sal net kan plaasvind as hulle betyds die R50 000 kan insamel.

Danksy vrygewige skenkers is sowat R30 000 reeds ingesamel, maar hulle probeer nou hard om vandag die res in te samel. As enigiemand kan help met ‘n skenking kan ‘n EFT gedoen word na: Bank: FNB/RMB, Account Holder: Lily Badenhorst, Account Type: FNB Fusion Premier Account, Account Number: 62558815696, Branch Code: 250655. Hou Philip asseblief in julle gedagtes en gebede. By voorbaat baie dankie aan almal wat ‘n donasie maak.

Lees Philip se Back-a-Buddy blad hier: https://www.backabuddy.co.za/champion/project/philip-badenhorst-5592880301359711060

Philip Badenhorst (21), wie se kakebeen Sondagoggend sleg gebreek is in ‘n motorongeluk in Sasolburg,

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button