BusinessLocal newsNews

46 GTCoC-lede ontvang sertifikate by Mei-vergadering

Kontak die Sakekamer-sekretaresse, Sandy, by (016) 018 0337 of per e-pos by admin@gtcoc.co.za vir meer inligting oor die GTCoC se aktiwiteite

 

Die Golden Triangle Chamber of Commerce (GTCoC) het op 17 Mei 2023 ‘n baie suksesvolle ledevergadering by Barnyard Vereeniging gehou, waartydens 46 lede hul lidmaatskapsertifikate ontvang het. Onder hulle was drie veterane wat al dekades lank lede van die Sakekamer is. Hulle is  Gerrit Meyer, Helgaard Grobbelaar en Sakkie Jacobs (‘n lid sedert 1968).

Tydens die vergadering is lede en gaste deur Leon van Rensburg van Vaalplan toegespreek oor ontwikkelings in die Vaaldriehoek.

  • Skakel op Maandagaande tussen 19:00 en 20:00 in op 90.6 FM om te luister na GTCoC President Jaco Verwey en ander lede se “Business Talk Show”.

Hou die Facebook-blad https://www.facebook.com/TheGTCOC dop vir inligting oor die  datum en venue van die volgende GTCoC-ledevergadering.

Jong Sakelui (onder 35) van die Vaaldriehoek word daaraan herinner dat julle nog kan inskryf of deur iemand anders genomineer kan word vir die groot Junior Sakepersoon van die Jaar Wedstryd!

Kontak die Sakekamer-sekretaresse, Sandy, by (016) 018 0337 of per e-pos by admin@gtcoc.co.za vir meer inligting oor die GTCoC se aktiwiteite.

 

Foto: Veteraanlede van die GTCoC: Gerrit Meyer, Helgaard Grobbelaar en Sakkie Jacobs. Heel regs is Jaco Verwey, president van die GTCoC.

 

Hierdie berig is geborg deur die volgende adverteerders:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button