BusinessLocal newsNews

Dis amper tyd vir die Vaalrivier Wynroete 2023!

Die Vaal Meander Wynroete strek vanjaar vanaf 10 Junie tot 6 Augustus. Kom verken die deelnemende restaurante en proe die uitstekende landgoedwyne waarmee Suid-Afrika kan spog! Hier op die Vaal se eie voorstoep!

 

Dis byna tyd vir die jaarlikse Vaalrivier Meander Wynroete – ‘n jaarlikse plesier op alle wynliefhebbers se lippe! Die Wynroete strek vanjaar oor sowat agt weke vanaf 10 Junie tot 6 Augustus en in dié tyd kan wyngeesdriftiges ‘n verskeidenheid deelnemende venues besoek, waar topwyne van verskeie landgoedere geniet sal kan word.
Die Wynroete skop af met die jaarlikse asemrowende Vaal River Wine Expo wat op 3 Junie van 12:00 tot 17:00 by Stonehaven on Vaal aangebied word. Onthou om jou kaartjies betyds te bespreek want dit verkoop elke jaar vinnig uit! Die koste is R300 per kaartjie en sluit ‘n wynglas in, wat jy huis toe kan neem. Daar gaan meer as 200 verskillende wyne wees om te proe! Jou kaartjie sluit ook ‘n R50 etebewys OF ‘n vlotvaart in.

Kry jou kaartjies hier:
Aanlyn: https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1528775250
Skakel: 016 982 2951
WhatsApp: 060 804 1495
E-pos: info@stonehaven.co.za

Hier is die venues wat vanjaar aan die Vaalrivier Wynroete deelneem:
Stonehaven on Vaal,
Waterfront Country Lodge & Spa,
Urban Vines Bistro and Vineyard,
Cock & Bull Pub,
Heritage Village,
Rio Sol Portuguese Restaurant – Vereeniging,
Memories,
Riviera on Vaal Resort,
Emerald Resort & Casino,
Ocean Basket Vanderbijlpark,
Rose Girlz,
The Bikers Race Bar.

Vir meer inligting oor vanjaar se Wynroete, besoek die Facebookblad https://www.facebook.com/VaalWineRoute

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button