CommunityLocal newsNews

Almal met ‘n hart vir kinders wat swaarkry – lees hier…

Kom eet lekker saam en dra so by om minderbevoorregte kinders te help. Slegs 30 sitplekke is beskikbaar, so bespreek gou om teleurstelling te voorkom.

Kom bederf jouself en jou gesin of vriende Sondag, 9 Julie, met ‘n heerlike buffet-ete by L’AMOUR ROUGE RESTAURANT & COFFEE BAR waar die eienaar, Rudi, en sy personeel gereed gaan staan om almal heerlik te trakteer.
Die ete kos slegs R150 per persoon en is ‘n uitreik-aksie waarvan ‘n gedeelte vir minderbevoorregte kinders aangewend sal word.
L’AMOUR ROUGE is in Vaaloewer langs die Vaalrivier geleë, waar gaste ‘n pragtige uitsig oor die water sal hê.
Koffie, tee, melkskommels en koeldrank sal ook te koop wees. (Die adres is: 1 Diamond Cove, Vaaloewer Ave, Lindequesdrift VAALOEWER, Vanderbijlpark).
Rudi, wat jare se ervaring as chef het, wil hiermee graag die hande sterk van omgeemense wat na die behoeftes van minderbevoorregte kinders omsien. Kom eet lekker saam en weet dat jy daardeur ‘n bydrae maak om vir kinders wat niks het nie, ‘n warm bad, klere en veilige plek om te slaap, te help bied!
Slegs 30 sitplekke is beskikbaar, so bespreek gou om teleurstelling te voorkom. Kontak Rudi by 067 777 0328 vir meer inligting.
* Mense wat Sondag nie self die ete kan bywoon nie, is welkom om ‘n ete te borg of ‘n donasie te maak. (Meer inligting hieroor is ook by Rudi beskikbaar).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button