Man vas na rooftog op plaas
'n Verdagte wat glo Woensdag (9 Augustus 2023) by 'n gewapende rooftog op 'n plaas in die Meyerton-omgewing betrokke was is 'n dag later in Riversdale in hegtenis geneem.
MEYERTON. – Die verdagte is Donderdag (10 Augustus 2023) tydens ‘n soektog waarby die Riversdale GPF, Afri-Guard, The Beast Security, die Midvaal-misdaadvoorkomingspan en die Midvaal-misdaadbestrydingsbeamptes betrokke was, in hegtenis geneem.
Verskeie gesteelde goedere, insluitend televisies, is in die persoon se besit gevind.
Van die items waarop daar beslag gelê is, sluit goedere in wat tydens Woensdag se rooftog gesteel is in.
Die verdagte sal eersdaag in die hof verskyn.
Kobus Hoffman, Vryheidsfront Plus lid van die Gauteng Wetgewer sê: “Hierdie sukses is ‘n duidelike voorbeeld van wat kan gebeur as gemeenskappe hande vat en betrokke raak by misdaad voorkoming.”


