Local newsNewsNews

Lenteloop en potjiekos-kompetisie

SASOLBURG. - Laat jou voete, rolstoel, stutkarretjie of krukke die pad vat. NG Gemeente 4 Ankers se lenteloop en potjiekosdag vind op 2 September plaas.

Daar gaan drie roetes met waterpunte wees waaraan deelgeneem kan word. Deelnemers kan kies of hulle die 2 km , 4 km of 8 km wil aandurf. Al drie die roetes se deelnemers spring om 08:00 by die kerkgebou weg.

So bring jou gesin en woef (aan ‘n leiband) en geniet die dag saam. Elke deelnemer sal ’n spesiale medalje by die eindpunt ontvang. Die medalje sal jou ook gratis toegang tot die saal gee waar veskeie aktiwiteite gaan plaasvind.

Na die ontvangs van medaljes sal deelnemers iets te ete en te drink kan koop. Lekker boereworsrolletjies, pannekoek, koffie, tee en koeldranke sal te koop wees.

Verlede jaar was daar meer as 200 medaljes los geloop. Inskrywingsfooi is R10 per kilometer en die winste is ten bate van 4 Ankers se basaarfonds. Om deel te neem kontak 083 5774932.

André du Plessis en Einstein durf vanjaar weer die 2 km roete aan tydens NG Gemeente 4 Ankers se lenteloop.

Vir die wat nie wil loop nie maar eeders speel, sal daar verskeie speletjies in die saal aangebied word. Daar sal ook ‘n springkasteel vir die kinders wees.

Nog ‘n hoogtepunt is die potjiekos-kompetisie. Die potte gaan prut vir groot pryse. Ingeskrewe potjiekospotte sal van vroeg-af reeds op die vure wees.

Alle meester potmakers word uitgenooi om ‘n potjie in te skryf. Kom maak ’n meester pot, dek ‘n tafel en trakteer jou gaste.

Indien jou potjie aangewys word as die wenner van een van die kategorieë, maak die beoordelaars die kampioen se beursie R1 000 ryker.

Daar is ook vele aansporings pryse wees. Inskrywings sluit 20 Augustus. Alle besonderhede en inskrywing reëls is by die kerkkantoor beskikbaar of e-pos vierankers@absamail.co.za. of skakel 016 976 7500

Spesiale afvalpotjie vir die fynproewers

Vooraf bestellings kan gemaak word vir die spesiale aanbod. Teen R50 per ete kan seker gemaak word dat so ’n ete op 2 September om 12 uur afgehaal of by die kerk geëet kan word.

Aansit-tafels sal beskikbaar wees. Andersoortige potjies sal ook te koop wees, maar die afvalpotjie-etes moet vooraf bestel word.
Kontak die kerkkantoor vir bestellings by 016 976 7500 of e-pos vierankers@absamail.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button