Local newsNewsNews

Net 4 Vrystaatse munisipaliteite se begrotings is befonds

SASOLBURG. - Metsimaholo is een van die vier.

Armand Cloete, VF Plus-LPW: Vrystaat, het in ‘n mediaverklaring uitgewys dat slegs vier van die 19 Vrystaatse munisipaliteite befondsde begrotings vir die vir 2023/24-boekjaar goedgekeur is.

Die verklaring lui verder:

Die ander 15 se begrote inkomste vir die jaar sal nie hul begrote uitgawes kan dek nie.

Tydens ʼn openbare rekeningekomiteevergadering van die Vrystaatse wetgewer het die provinsiale tesourie erken dat die Mangaung-, Matjhabeng-, Setsoto-, en Metsimaholo-munisipaliteit die enigste munisipaliteite is wie se begrotings vir die 2023/2024-finansiële jaar befonds is.

Befondsde begrotings verseker egter nie noodwendig dienslewering nie, maar bepaal ten minste dat die begrote inkomste die uitgawes sal dek.

Onbefondsde begrotings is nie net onwettig nie, maar het ʼn enorme impak op munisipaliteite se kontantvloei en gevolglik dienslewering.

Skuld aan munisipaliteite beloop tans R33 miljard, waarvan die provinsiale regering se skuld R1,4 miljard beloop.

Munisipaliteite se grootste uitdaging is om skuld van die regering, inwoners en ondernemings in te vorder, maar meeste munisipaliteite kan eenvoudig nie goeie finansiële stelsels implementeer nie. In talle munisipaliteite kry inwoners geskatte lesings op water- en elektrisiteitsgebruik indien hulle enigsins rekeninge ontvang.

Munisipaliteite is ook skuldig dat hulle nie oor betroubare registers vir armlastige inwoners, wat gratis dienste soos water en elektrisiteit ontvang, beskik nie.

Meer kommerwekkend is die ouditeur-generaal (OG) se bevinding dat 80% van die provinsie se munisipaliteite se huidige begrotings meer as die helfte van die vorige boekjaar se skuld sal moet vereffen.

Dienslewering sal dus nie kan plaasvind nie en inwoners is weereens die slagoffers van munisipale verval onder die ANC.

Politieke wil is nodig om dié provinsie se munisipaliteite se geldsake te red. Die ANC bewys jaarliks dat hy nie oor die politieke wil beskik nie. Die enigste manier om ware verandering te sien, is om van die ANC ontslae te raak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button