VEREENIGING. – Anton Myburgh, een van die Vaal se gewildste Afrikaanse sangers is tans in Mediclinic Vereeniging.
Nadat hy gelyk het asof hy ‘n ligte hartaanval gistermiddag gehad het, is ‘n ambulans ontbied en is hy na die hospitaal geneem.
Sy verloofde, Eliza Visagie het laat weet hy is in die kardiologie afdeling opgeneem en daar sal vandag verskeie toetse gedoen word om te bepaal wat is fout.
Vaalweekblad wens hom alle sterkte en beterskap toe.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
