Local newsNewsNews

Eureka se suksesvolle skaakdag

Skaak het weer koning gekraai by die Eurekaskool in Vereeniging se jaarlikse ope skaaktoernooi.

VEREENIGING. – Eurekaskool se jaarlikse ope skaakkampioenskappe het weer vir groot pret, konsentrasie en opwinding gesorg.

Meer as 300 skaak entoesiaste (van meesters tot by beginners) het Saterdag, 29 Julie saamgetrek om in verskeie kategorieë mee te ding.

Die wenner van die Eureka Ope Skaakkampioenskappe vir 2023 is Internasionale Meester Colomban Vitoux van Frankryk. Foto: verskaf

Uiteindelik is die Internasionale Meester: Colomban Vitoux van Frankryk as kampioen gekroon, terwyl Dhiya Naidoo met die louere as die beste vroue kampioen vir die dag weggestap het.

Onder die spelers was daar 69 spesiale gaste. Die jong skaakspelers is almal leerlinge met spesiale behoeftes en hulle het die skaakdag baie geniet.

Naas al die opwinding rondom die skaaktafels, was daar ook ʼn vlooimark, eetgoed en ander speletjies.

Dhiya Naidoo is as die beste vroue skaakspeler van die dag aangewys. Foto: verskaf

Al die fondse wat op die dag ingesamel is gaan vir Eurekaskool vir leerders met erge fisiese en verstandelike gestremdhede.

Danie Koekemoer ʼn onderwyser en skaakafrigter by Eurekaskool het al die borge, gaste en spelers bedank wat van die dag so ʼn groot sukses gemaak het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button