VANDERBIJLPARK. – Lede van die Sedibeng Judoklub het uitstekend gevaar by die 2023 Commonwealth Judo Kampioenskappe.
Die toernooi het van 2 – 6 Augustus in Qgeberha (Port Elizabeth) plaasgevind.
Mary Ann van Schalkwyk en Mishka Scheepers het albei goud verower, terwyl Beate van Schalkwyk silwer gewen het.
Dit het die drie ook Protea kleure besorg. Jayden Viljoen het op sy beurt gekwalifiseer vir Judo Suid-Afrika kleure.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
