Local newsNewsNews
Skuilplek vir haweloses brand af
‘n Verlate huis in Kowiestraat in Drie Riviere wat skuilplek aan agt hawelose mense bied is verwoes toe ‘n brand Sondagaand daar ontstaan het.
VEREENIGING. – Volgens Agreement Mofokeng (26), een van die inwoners, het die brand omstreeks 18:00 ontstaan.
Niemand is in die voorval beseer nie.
Inwoners van dié kommune vir haweloses het aan Vaalweekblad gesê hulle vermoed dat die gebou opsetlik aan die brand gesteek is weens ‘n twis tussen twee van die inwoners.
Die Emfuleni-brandweer is na die toneel ontbied, maar het glo gesukkel aangesien die brandkrane vol modder was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
