UIt my pen – die week in Vaalweekblad
In die week se Vaalweekblad is daar o.a 'n baie lekker resep van ons eie Kokkedoor, Sjef Pasch du Plooy. Lees meer
Vaalweekblad is weer vanaf vandag (18 Augustus) te koop. In hierdie week se uitgawe is daar ‘n liplekkerresep van ons eie Kokkedoor, Sjef Pasch du Plooy.
Hy deel een van sy gunstelinge geelpapresepte met ons – Geel pap met boerewors in ʼn kruiesous met bros spek.
Ons gaan kuier ook by die GTCoC se Junior Sakeman van die jaar, Henco Scheepers en vind meer uit oor hoe die dinamiese jongman sy besigheid in ʼn kort tydperk ʼn stewige fondasie gegee het.
Sonja Coetzee gee ʼn ouer se oogpunt oor die vreugdes en moeilikhede om ʼn kind met spesiale behoeftes groot te maak en ons maak ʼn draai by CMA Midvaal se Vrouedagvieringe.
Dan was daar ʼn groot kuieraksie op die plaas Oppermanshoogte waar Sjef Pasch die lekkerste van lekker disse opgetoor het.
In my rubriek, Ek sê maar net, vertel ek hoe ek op die agterkant van ʼn Harley beland het.
Natuurlik is daar ook vele ander nuus, staaltjies, kompetisies en gebeure.
Kry jou Vaalweekblad vandag nog by die naaste winkel of vulstasie.
Lekker lees
