Local newsNewsNews

Oupa en kleinseun maak hengelgeskiedenis

Sasolburg se Hap en Kap-hengelaars het die streek goed verteenwoordig tydens die Vrystaat Varswater Oewer Hengelvereniging ... en boonop die kollig gesteel.

Die Vrystaat Varswater Oewer Hengelvereniging se jaarlikse prysuitdelingsfunksie is onlangs net buite Welkom op die gasteplaas De Rust gehou. Hengelaars van die Hap en Kap-hengelklub in Sasolburg het verskeie medaljes en sertifikate ontvang.

Tydens die prysuitdeling is hengelaars in die Vrystaat beloon vir hul prestasies bo blubvlak gedurende 2022. Maar dit was oupa Johan Pieters en kleinseun Meandro Pieters wat die kollig gesteel het.

Die hoogtepunt (en geskiedenis wat gemaak is) was toe oupa Johan en kleinseun Meandro as die Vrystaat Varswater Oewer Hengelvereniging se Sportsterre 2022 aangewys is.

Johan Pieters was deel van die Vrystaat Meester B-span wat ‘n goue medalje verower het. Hy was ook in die Vrystaat Veterane A-span opgeneem. Hy was ook gekies vir die SAVOF veteraan A-span.

Johan en Meandro ontvang hul trofeë as Sportsterre 2022.

Michael Meyer en Meandro Pieters het erkenning gekry vir die ‘n eerste plek behaal by o/13 junior Vrystaat Kampioenskappe met Meandro algeheel eerste. Michael en Lex Jordaan behaal ook ‘n tweede plek in die ligafinaal met Lex algeheel tweede.

Meandro het ook deelgeneem aan die SA Kampioenskappe as lid van die o/13 VS juniorspan. Die span het ‘n goue medalje verower en Meandro het die algehele tweede plek behaal. Hy was ook gekies vir die SAVOF junior o/13 span.

Leon Meyer het erkenning geniet vir sy optrede as Hoofbeampte by die Vrytstaat Kampioenskappe en ligafinaal.

Marius Crous was deel van die Vrystaat Meester C-span. Die span het ‘n silwermedalje verwerf met Marius algeheel in die tweede plek.

Marius Crous met sy sertifikaat.
Leon en sy kleinseun Michael.
Agter van links: Marius, Johan en Leon. Voor is Michael (regs) en Meandro.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button