Local newsNewsNews

Anton Myburgh – verligting na groot skrik

Prokureur en sanger van o.a Spinnekop en Biker Angel, Anton Myburgh het 'n rowwe week agter die rug, maar daar is nou goeie nuus.

VEREENIGING. – Dit gaan baie beter met Anton Myburgh, bekende sanger en prokureur van die Vaal.

Hy het sy aanhangers goed laat skrik toe hy Sondag, 13 Augustus skielik in die hospitaal opgeneem is.

Na vele toetse het hy Dinsdag ʼn stent ontvang en is ontslaan. Die verligting was egter van korte duur. Vrydagmiddag het die nuus gebreek dat hy weer in die intensiewe sorgeenheid van Mediclinic Vereeniging se kardiologieafdeling opgeneem is.

Daar is dringend vir gebed gevra nadat sy Triptonin T vlakke 24 gewys het in plaas van 14.

Hy is met harsakontsteking gediagnoseer en is in isolasie gehou. Anton was ook baie moeg en daar is gevrees vir ʼn hartaanval.

Maandag, 21 Augustus het sy verloofde Elize Visagie laat weet dit gaan goed met hom. Hy word vandag ontslaan.

Sy het ook ʼn boodskap aangestuur wat Anton vir haar gestuur het waar hy sê dat die toetse wys hy het ʼn ernstige vitamien B12 tekort wat die verskriklike moegheid veroorsaak het.

Hy sal nou vir ʼn week elke dag ʼn B12 inspuiting kry en daarna een elke maand vir die volgende jaar.

Verdere goeie nuus is dat sy hartaanval merker heeltemal gedaal het en dat hy geen risiko meer het vir ʼn hartaanval nie.

Sy infeksietelling is ook heelwat laer. “Ek voel 100% nou”, het hy afgesluit.

Elize en Anton het hul dank uitgespreek teenoor die kardioloog, Dr Mpho Sebesho wat sy lewe gered het. Asook die ambulansdienste wat baie vinnig gereageer het.

Elize sê sy is ook ewig dankbaar teenoor Mediclinic Vereeniging se ICU personeel, veral die hoof van die afdeling Sr. Annalie Boucher wat regtig uit haar pad gegaan het met hulp en raad.

“Dankie ook aan my dogter, Simoné Herbst. Ek weet nie wat ek sonder jou in die tyd sou gedoen het nie.”

“Vir almal wat in hierdie tyd gebid en aan ons gedink het. Baie dankie. Ek het een aand 96 WhatsApps gehad om deur te lees. Almal se ondersteuning en gebede is net ongelooflik. Jul gebede het hom deurgetrek,” het Elize laat weet.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button