News

Slegte nuus: Michael verloor sy been na terugslag

Michael se linkerbeen gaan so gou as moontlik geamputeer word.

Michael Pretorius (21), wat op 28 Junie vanjaar ‘n motorongeluk oorleef het wat sy broer, Nicky (22), se lewe geëis het, het pas die slegte tyding gekry dat sy linkerbeen so gou as moontlik geamputeer sal moet word.

Michael is na die ongeluk aanvanklik in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein behandel, waar hy onder meer geopereer is om sy linkerbeen, wat sleg gebreek was, reg te trek. Hoewel hy aanvanklik goed aangesterk het en na ‘n rehabilitasiesentrum in Alberton geskuif kon word, het hy intussen ‘n terugslag gehad.

Volgens sy pa, mnr. Nicky Pretorius senior, het daar intussen nekrose in sy beseerde voet ingetree. Daar is geen ander uitweg as om sy been tot bokant die knie af te sit nie. Die operasie gaan waarskynlik later vandag (21 Augustus) uitgevoer word.

Vaalweekblad bid Michael en sy gesin baie sterkte toe in hierdie nuwe krisis en sal lesers op hoogte hou van verdere verwikkelinge.

WAARSKUWING: Hier onder is ‘n foto van Michael se been en voet soos dit tans lyk. Mense wat deur foto’s van beserings ontstel word, moenie verder afrol nie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Michael Pretorius se been en voet, wat moontlik later vandag geamputeer gaan word.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button