Local newsNewsNews

Hoekies presteer in Italië

Knap gedaan aan Drikus en Abaigael

VANDERBIJLPARK. – Die Vaaldriehoek kan met reg trots wees op twee plaaslike atlete, Drikus Meiring en Abaigael Thomson.

Die twee het Suid-Afrika onlangs by die TriColour Flag Games in Italië verteenwoordig en uitstekend gevaar.

Jong atlete van regoor die wêreld het bymekaar gekom om in verskeie sportsoorte mee te ding. Die spele word elke vier jaar aangebied.

Drikus het ‘n silwer medalje in spiesgooi verower. Hy het met sy terugkeer gesê: “Ek was baie opgewonde aangesien dit my eerste keer was om oorsee te reis.

“Om ook teen 19 ander lande deel te neem en Suid-Afrika te verteenwoordig, was ‘n groot eer. Nuwe vriende gemaak. Nuwe kulture geleer.

“Baie warm gekry, maar dit was deur en deur die moeite werd. Ek kan met trots sê dat ek Hoërskool Driehoek se naam hoog gehou het.”

Abaigael het op haar beurt ‘n derde plek in diskus behaal. Hierdie was ook haar eerste reis oorsee en sy sê sy was super opgewonde om te gaan.

Sy vertel: “Die stad van Reggio Emilia het “gebuzz” daardie week met jong atlete van verskillende lande en kulture, dit was ‘n belewenis. Die pizza in Italië is die beste wat ek al ooit geëet het en was elke euro werd.

“Ek het soveel nuwe maats gemaak van die ander lande sowel as ons eie SA spanne.

“Tydens ons besoek het Europa ‘n hittegolf ervaar. Ons was dankbaar vir die besoek aan die plaaslike waterpark en die fonteine in die stad, waar ons darem kon afkoel.

“Geen woorde kan die dankbaarheid uitspreek vir hierdie geleentheid wat aan ons as jong atlete gegee is nie.

“Verder ‘n groot dankie aan die Gautengse departement van Sport, Kuns en Kultuur, die hele bestuurspan en afrigters vir hierdie wonderlike ervaring.

“Die vriende en herinneringe wat ek gemaak het, sal ek vir die res van my lewe koester. Ek was trots om Suid-Afrika, my provinsie, my dorp en my skool, Hoërskool Driehoek, te verteenwoordig in Italië.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button