Meyerton Sosiale Senior Burger Klub vereer vroue
Die Meyerton Sosiale Senior Burger Klub het in Augustus vroue vereer met ‘n spesiale oggend by Lord’s Signature Hotel waar die sanger Stefan Jansen opgetree het.
MEYERTON. – Die geleentheid het saam met Nasionale Vrouedag, wat op 9 Augustus gevier is, geval.
Die FAK het die sanger gereël en Avbob het vir die sop en vetkoek gesorg. Almal het heerlik saam gekruier. Pam Appelgryn en Magda Style van Avbob saam met die sanger Stefan Jansen tydens die geleentheid.
Avbob het vir die verversings gesorg en die FAK het die sanger gereël.
Die Meyerton Sosiale Seniors Burger Klub is vir alle senior burgers 60 jaar en ouer wat die kuns van gelukkige aftrede ondek het.
Die klub bestaan al meer as 40 jaar onder leiding van Sarie Louw en het ongeveer 170 lede.
Klublede kuier elke tweede Donderdag by die Lions Creek.
Enige senior burger wat nog die lewe wil geniet met maats van hul eie ouderdom of graag meer inligting oor die klub wil hê kan ‘n WhatsApp-boodskap aan Sarie stuur by 072 100 0496. Sy sal na jou toe terugkom.



