Local newsNewsNews

Valia-leerlinge met harte van goud

VEREENIGING. - Eurekaskool se Spesiale Sportdag is verlede Vrydag by die skool gehou, en leerlinge van HS Transvalia was daar om die deelnemers te vermaak en medalje's uit te deel. Loer gerus na die spesiale oomblikke op kamera vasgevang.

Die sportdag was soos gewoonlik weer een vir die boeke, propvol hoogtepunte en emosionele oomblikke.

Leerlinge van 10 spesiale skole het aan die Spesiale Sportdag deelgeneem. Die volledige berig hieroor verskyn die week in Vaalweekblad (Vrydag, 1 September).

Wat egter opvallend was op die dag, was hoe die Valia-leerlinge die deelnemers met deernis hanteer het. Die ouers van dié leerlinge kan trots voel, so ook HS Transvalia. Sulke jongmense gee mens sommer moed vir die toekoms.

Knap gedaan!

Eurekaskool maak gebruik van die geleentheid om die Valia-leerling en die borge wat die dag moontlik gemaak het te bedank:

NWU-Vaal, Lynca Meats, CBI Electric, Security Mecca, Progress Café en Fouché Motors. Ontvang Eurekaskool se opregte dank en waardering.

‘n Groot dankie ook aan MooiVaal Media vir al die mediadekking.

Die Personeel van Eurekaskool het weer alle verwagting oortref. Dankie vir elkeen se bydrae tot die suksesvolle dag.

Foto’s: Elsje Vermeulen

Eers is daar lekker saam met die deelnemers gedans.
Valia se “mascot” was daar om drukkies uit te deel.
En om saam vir die kamera te glimlag.
Valia se leerders was saam verheug oor goeie prestasies.
Hulle het die deelnemers ingewag en aangemoedig tydens items.
“Kom, kom jy kan dit doen”. Valia-leerders moedig nog ‘n deelnemer aan.
“Mooi so, hier is jou medalje”.
Daar was deurentyd glimlagte op die Valia-leerders se gesigte terwyl hul medaljes uitgedeel het.
Wat is nou lekkerder as ‘n drukkie? Hierdie soort optrede spreek boekdele.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button