Local newsNewsNews

Gauteng-misdaadsyfer skiet die hoogte in

Ernstige misdaad in Gauteng is besig om buitegewone afmetings aan te neem en drastiese optrede is nodig!

Kobus Hoffman, VF Plus-LPW: Gauteng het in ‘n mediaverklaring gesê indien daar nie nou drasties opgetree word nie, sal die provinsie in ʼn misdaadnes ontaard.

Die Gautengse polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, het Gauteng se misdaadsyfers vir die laaste kwartaal (April tot Junie) gister (29 Augustus) aangekondig.

ʼn Totaal van 21 misdrywe wat as ernstige misdaad in die verslag beskryf word, het met 4.0% vanaf die ooreenstemmende tydperk verlede jaar gestyg.

In dié kwartaal is 103 644 gevalle aangemeld terwyl in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar 99 622 gevalle aangemeld is. Die syfer maak 27,9% van die totale ernstige misdaadsyfer in die land uit.

Die syfers is soos volg in die verskillende streke:

Ekurhuleni 24 490

Johannesburg 38 456

Sedibeng 6 068

Tshwane 27 611

Wes-Rand 6 814

Kobus Hoffman, VF Plus-LPW: Gauteng.

Johannesburg-sentraal-polisiekantoor se aanmeldsyfer van ernstige misdaad het met 9,7% gestyg gevolg deur die Roodepoort-polisiekantoor met  ʼn toename van 4,7%.

Die VF Plus is ook bekommerd oor die poging tot moord-syfer wat met 7,2% gestyg het. Vanaf April tot Junie is 1 537 voorvalle aangemeld en verlede jaar in die ooreenstemmende tydperk 1 434.

Huisbraak het ook die hoogte ingeskiet met ʼn styging van 13,7%. ʼn Totaal van 2 058 voorvalle is gedurende die kwartaal by polisiekantore in Gauteng aangemeld.

Die meeste sake word deur die Tembisa-polisiekantoor ondersoek. Dit is op twee na die hoogste in die land.

Ontvoering in Gauteng het met 8,3% gestyg (2 068). In 90% van die gevalle was ʼn losprys betrokke en die res was afpersing en mensehandel.

Die VF Plus het reeds verskeie kere die Gautengse polisiekommissaris gewaarsku dat die misdaadsyfer alleenlik sal daal wanneer polisiekantore van genoeg hulpbronne voorsien word om polisielede in staat te stel om hul werk suksesvol af te handel.

By baie polisiekantore is daar nie genoeg voertuie, wapens en selfs skryfbehoeftes nie. Polisiebeamptes moet in baie gevalle hul eie skryfbehoeftes koop en ure wag tot ʼn motor beskikbaar is om sake te ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button