Local newsNewsNews

Wag net, jou klap is op pad!

VAALPARK. - Presies 'n jaar sedert die Bar with no Name plaaslike inwoners met die eerste Slap Fight-kompetisie in die Vaal vermaak het, was die manne Saterdag terug om weer 'n paar klappe uit te deel.

Die keer het belangstellendes presies geweet wat se aksie die aand gaan inhou en was die nuwe, groot saal by die Bar with no Name lekker volgepak.

Daar was 10 kragmetings, maar die hoogtepunt was sonder twyfel die hoofgeveg(klap) tussen die Vaal se eie Chris du Plessis (The Rock) teen Bobby Krisch (The Punisher).

Hier is solank ‘n voorsmakie. Volledige berig en beste foto’s in Vrydag se Vaalweekblad.

Foto’s: Elsje Vermeulen

Luan (Pote) kry ‘n Barry Bosotter-klap.
Die skeidsregters het dadelik ingetree om dinge onder beheer te hou.
Knieë knak as ‘n klap reg tref … soos die een uitgedeel deur Kally (The Machine) aan Terence (Supra).
Terence (Supra) word ondersoek na die klap.
Die Vaal se Chris (The Rock) maak seker sy oorpluisies is in plek.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button