Local newsNewsNews
Haweloses by sorgsentrum bederf
Inwoners van die Lewenskruispaaie Sorgsentrum by Buyscelia-kleinhoewes buite Vereening is op 12 Augustus bederf met kruideniersware ter waarde van R10 000, boereworsrolletjies, koeldranke en ‘n vertoning deur die sangeres Bernadene Theron.
VEREENIGING. – Die sentrum by Kleinhoewe 90 in Buyscelia bied blyplek aan bykans 80 hawelose mense van alle ouderdomme.
Die inwoners van die sorgsentrum produseer wat hulle kan en ruil dan die surplus vir ander produkte wat hulle nie het nie.
Op 12 Augustus het AVBOB Drie Riviere en AVBOB Meyerton ‘n gemeenskapsuitreik gedoen waartydens hulle die sentrum besoek het.
Die inwoners was baie dankbaar vir die bederf en jonk en oud het die dag geniet.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
