Local newsNewsNews

Wen kaartjies na Elandré-vertoning by Barnyard

Vaalweekblad gaan 'n kans aan lesers bied om kaartjies na sy vertoning te wen. Moenie die week se Vaalweekblad (Vrydag, 1 September) misloop nie.

VEREENIGING. – Elandré is een van die gewildste Afrikaanse sangers in die land en hy is weer Vrydag, 8 September by die Barnyard op die verhoog.

Aanhangers kan uitsien na ‘n vertoning waartydens hy van sy treffers sal sing, insluitend Binne en Buite van sy nuutste album.

Die vertoning begin om 20:00 en toegang beloop R200 per persoon, maar Vaalweekblad lesers staan ‘n kans om kaartjies na sy vertoning te wen.

Lees meer oor die vertoning en kompetisie in Vrydag, 1 September, se Vaalweekblad om deel te neem.

Besprekings kan ook gedoen word by www.barnyardvereeniging.co.za
078 861 1317 of 016 454 8388

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button