Local newsNewsNews

Commando Bande ons salueer jou

'n Helpende hand is goud werd in 'n tyd van nood. Vra maar vir vir Rina van Rooyen

SASOLBURG. – Sosiale media is ‘n vreemde gedierte. Die een oomblik is jy veilig en die volgende oomblik stroom die negatiewe kommentaar in… Veral as jy durf om in nood vir iets te vra.

Vra maar vir Rina van Rooyen van Redan wat gevra het vir hulp om die verslete bande van haar voertuig te vervang.  Self tweedehandse bande sou deur. Rina wat vyf kinders elke dag met wit Opel Corsa skool toe aanry, was raadop en desperaat en het haar tot Vaalweekblad se FB groep gewend om vir hulp te vra.

Haar versoek het gemengde reaksie ontlok maar Commando Bande in Sasolburg het tot haar redding gekom met vier splinternuwe bande en ‘n wielsporing. Nog ‘n barmhartige samaritaan Anton Blignaut het haar bygestaan met petrolgeld om van Redan tot in Sasolburg te ry.

“Aan almal baie dankie vir julle hulp en vriendelikheid. Aan almal op die blad wat opgestaan het vir my, God se rykste seën bid ek elkeen toe. Dankie Jesus vir die vier nuwe bande,” het ‘n emosionele Rina gesê.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button