Local newsNewsNews

Dominee Chris nou beter bekend as Sjef Chris

VEREENIGING. - Ontmoet sjef Chris Olivier, voorheen bekend as dominee Chris van NG Drie Riviere Oos. Want as jy 'n weddenskap verloor moet jy maar uithaal en bak.

Kwota wat behaal moet word: 800 cupcakes!

Die groot gebak het Donderdag oggend om 05:00 begin. Sjef Chris was darem bygestaan deur Jaco Pieraar (die kerk se Jeugwerker).

Die twee manne het die gemeente onlangs uitgedaag met ‘n weddenskap dat indien hulle verlede jaar se basaarwins van R232 000 verbysteek, hulle cupcakes vir die gemeente sou bak.

Die gemeentelede het voluit gegaan en ‘n allemintige R240 000 wins gemaak – en siendaar die manne moes kombuis toe.

Vir twee mans wat nog nooit voorheen cupcakes gebak het nie, het hulle hul goed van hul taak gekwyt.

Die cupcakes is selfs pragtig versier, en daar kan uitgesien word na liplekker bederf na Sondagoggend se diens.

BELANGRIK: Sjef Chris het die (bak)handskoene ingegooi en is nou weer dominee Chris.

Sjef Chris Olivier, voorheen bekend as dominee Chris.
Dominee Chris en Jaco hard aan die werk.
Tafels vol cupcakes was aan die orde van die dag.
Mooi so die cupcakes lyk heerlik.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button