Local newsNews

Bekende ‘taxi-tannie’ van Vanderbijlpark oorlede

Die begrafnisdiens sal Donderdag, 7 September, om 10:00 by die Derdekruis Gemeente op die hoek van Piet Retief-boulevard en Prinsloostraat gehou word.

 

Talle inwones van Vanderbijlpark het die afgelope byna 20 jaar van mev. Frikkie du Toit, ‘n taxi-bestuurder by Park Taxis, se dienste gebruik gemaak en deur die jare groot vriende geword.
Haar dogter, Cindy van Staden, het pas die slegte nuus aan Vaalweekblad oorgedra dat mev. Du Toit Woensdagoggend gesterf het.
Die begrafnisdiens sal Donderdag, 7 September, om 10:00 by die Derdekruis Gemeente op die hoek van Piet Retief-boulevard en Prinsloostraat gehou word.
Almal wat haar geken het is welkom om hul laaste eer te kom betoon.
“Sy het vir 18 jaar vir Park Taxis gewerk. Deur die jare het sy so baie mense leer ken en so baie mense het haar ondersteun. Baie dankie aan almal,” sê Cindy.

Wyle mev. Frikkie du Toit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button