Local newsNewsNews

Midvaal se swembaddens weer oop

Dis heerlike lente en die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit se munisipale swembaddens is sedert Lentedag (1 Setpember) weer oop.

MEYERTON. – Die swembaddens is langs die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit se kantoor by 25 Mitchellstraat in Meyerton geleë.

Kinders onder 6 jaar kry gratis toegang, maar hulle moet deur ‘n volwassene vergesel word.

Kinders tussen 6 en 12 jaar betaal R12 per dag en moet ook deur ‘n volwassene vergesel word.

Dit kos R16 per dag vir volwassenes.

Die munisipale swembad is op publieke vakansiedae gesluit.

Die swembaddens is langs die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit se kantore geleë. Foto: Facebook
Die swembaddens is langs die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit se kantore geleë. Foto: Facebook

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button