SASOLBURG. – Elvis Blue vermaak, motiveer en fassineer gehore in Suid-Afrika sedert hy in 2010 M-Net se SA Idols gewen en summier sy prysgeld met die tweede kunstenaar gedeel het.
Sedertdien gaan hy net van krag tot krag en kan vandag al met drie platinum en twee goue albums spog.
Sy lys van treffers strek van hier tot in die Kaap en hy is ewe tuis om in Afrikaans en Engels te sing.
Die lekker nuus is dat Elvis Sondag, 10 September by die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg kom kuier.
Die vertoning begin om 15:00 en koste beloop R250 per persoon en R200 vir persone ouer as 60 jaar.
Kom luister saam na al sy ou en nuwe treffers soos Rede om te glo, Toe ons jonk was, Die hemel en Spore.
Bespreek by www.ertickets.com
