Local newsNewsNews

Vuur by skool verwoes ook 8 ander kleinhoewes

Die swart rookwolke kon van ver gesien word. Die inwoners het nie op hulle laat wag nie en self ingespring om die vuur te blus.

VANDERBIJLPARK. – Danksy ‘n plaaslike inwoner se skerp neus en vinnige optrede kon die vuur wat vanmiddag by die LS Vaalrivier begin en na agt ander Nanescol-kleinhoewes versprei het, gelukkig geblus word.

Die skade aan die kleinhoewes is erg, al die weivelde is verwoes, maar dit kon veel erger gewees het as Yvonne Cordier nie so vinnig die skool verwittig het dat hul trustgronde brand nie.

Die skool en inwoners van die area het daarna self ingespring en gespook om die vuur te blus. Die skool en die wonings op die kleinhoewes het gelukkig nie afgebrand nie.

“Ons kon gelukkig ook die diere ook op ons kleinhoewe vinnig aanjaag en beskerm teen die vuur,” vertel Yvonne.

Na wat verneem kan word het die vuur ontstaan toe daar sweiswerk aan die skool se pallisade gedoen was en een van die vonkies die veld aan die brand gesteek het.

Yvonne Cordier het die foto’s geneem terwyl sy om haar eie huis natgespuit het as deel van voorkoming, sou die vuur nader aan hul woning verspreil. Hulle het boonop ‘n grasdakhuis.

Inwoners van die Nanescol-kleinhoewe self besig om die vuur te blus. Foto’s: Yvonne Cordier
Die kleinhoewes se veld is nog baie droog en die vuur het vinnig versprei – so ook die nuus oor die veldbrand by die kleinhoewes.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button