Local newsNewsNews

Kans om kaartjies te wen na West se ‘show’ by Barnyard

Vier dubbel kaartjies kan gewen word!

VEREENIGING. – Die Barnyard het ‘n rits puik vertonings wat voorlê, waarvan die country/rock groep West een is.

Dié groep is nog relatief onbekend in die Vaal, maar het reeds in die meeste ander streke naam gemaak in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Hulle was selfs verlede jaar die opening vertoning vir die legendariese groep, Smokie, toe dié groep by Carnival City opgetree het.

Diegene wat hou van ‘n lekker lewendige vertoning moet nie die geleentheid misloop om hulle te sien optree nie.

Hul vertoning Saterdag, 9 September, by Barnyard Vereeniging begin om 20:00 en kaartjies beloop R130 per persoon.

Vier gelukkige lesers kan elk dubbel kaartjies wen na die vertoning.

Die kompetisie is in Vrydag (8 September) se Vaalweekblad en inskrywings sluit dieselfde dag om 18:00, waarna die wenners dadelik in kennis gestel sal word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button