Local newsNewsNews

Leerders neem uitstappie na Voortrekkermonument

Lede van die Suid-Afrikaanse Weermagveterane (SAWV) se Kiewiet-tak in Vereeniging het op 31 Augustus 19 plaaslike gr. 9-leerders op ‘n toer na die Voortrekkermonument in Pretoria geneem.

VEREENIGING. – Volgens Okkie Jooste van die SAWV het die toer by die monument begin.

Daarna is die groep na die Pionierswerf, Fort Schanskop en die Pro Patria-museum.

Jooste sê: “Dit is belangrik dat ons jeug nie net van ons geskiedenis leer nie, maar ook betrokke begin raak by die bewaring daarvan.”

“Toere soos dié is van kardinale belang vir bewusmaking,” sê hy.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button