Local newsNewsNews

September is kinderkankerbewustheidsmaand

Kinderkankerbewustheidsmaand is 'n jaarlikse wêreldwye veldtog om bewustheid rondom kanker onder kinders te skep. Kinderkanker is een van die hoofoorsake van siekteverwante sterftes in kinders en adolessente.

PRETORIA. – Die department van gesondheid in samewerking met verskeie internasionale rolspelers, insluitend die CHOC-kinderkankerstigting van Suid-Afrika en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sal in September bewustheid rondom kinderkanker en die impak daarvan skep.

Die doel is om te verseker dat kinders met kanker vroeg gediagnoseer kan word sodat hulle betyds behandel kan word.

Kinderkanker is een van die hoofoorsake van siekteverwante sterftes by kinders en adolessente.

Verskeie struikelblokke verhoed dat kanker vroeg gediagnoseer word en dat kinders betyds hulp by behandelingsentrums  kry.

Daar bestaan verskeie mites en stigmas rondom die oorsaak van kinderkanker en dit is ‘n groot hindernis vir gesinne wat betyds mediese sorg soek.

Gebrek aan kennis en vrees vir die onbekende dryf die mites, dwalinge en stigmas rondom kinderkanker en veroorsaak dat kinders nie betyds gediagnoseer word en behandeling ontvang nie.

In hoë-inkomstelande met 20% van die wêreld se kinders met kanker is oorlewingsyfers meer as 80% terwyl die situasie anders is in lae- en middelinkomstelande, waar oorlewing so laag as 20-30% is.

Gelukkig het kinders met kanker in Suid-Afrika baie beter uitkomste van tussen 55-60%.

Volgens professor Gita Naidu, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Pediatriese Hematologie Onkologie, ondersteun Suid-Afrika die WGO se wêreldwye inistiatief vir kinderkanker.

Die inisiatief is daarop gemik om die oorlewing van kinders en adolessente met kanker wêreldwyd te verhoog.

“Ons moet fokus op vroeë diagnose, verwysing na gespesialiseerde behandelingsentrums, toegang tot diagnostiek en terapie verseker, en lewensgehalte, ondersteunende, langtermyn-opvolging en palliatiewe sorg beklemtoon,” sê Naidu.

Die inisiatief is in 2018 gestig en bring verskeie rolspelers van regoor die wêreld en oor alle sektore bymekaar met die gemeenskaplike doelwit om die oorlewingsyfer van kinders met kanker wêreldwyd tot minstens 60% teen 2030 te verhoog.

Die inisiatief word gelei deur CureAll, ‘n strategiese en praktiese benadering wat die volgende insluit:

*Sentrums van uitnemendheid en sorg met ‘n voldoende en bekwame arbeidsmag om kapasiteit te verhoog om dienste te lewer;

*Universele gesondheidsdekking wat toegang tot noodsaaklike medisyne, diagnostiek en tegnologieë verseker;

*Navorsing en innovasie wat bewysgebaseerde oplossings vir plaaslike kontekste genereer en;

*Bemagtiging van pasiënte, gesinne en gemeenskappe deur opvoeding, bewustheid en voorspraak.

Hedley Lewis, CHOC se hoof uitvoerende beampte doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om te verenig en hoop te gee (#GiveSomeHope) terwyl almal saamwerk om die WGO se teiken te bereik om ten minste 60% oorlewing in lae- en middelinkomstelande te verseker en om lyding van alle kinders met kanker teen 2030 wêreldwyd te verminder.

Dr Kibachio Joseph Mwangi, die Mediese Beampte wat verantwoordelik vir nie-oordraagbare Siektes by die WGO, Suid-Afrika sê die swak uitkoms van kinderkankerbestuur in lae- en middelinkomstelande word hoofsaaklik gedryf deur vertragings in diagnose, onakkurate diagnose, ontoeganklike terapie , staking van behandeling, dood weens toksisiteit (newe-effekte), en pasiënte wat terugval.

Dr. Mwangi reken dat die huidige vennootskap met die WGO-GICC tot verbeterde uitkomste vir kinders met kanker kan lei deur te fokus op ‘n vinnige, korrekte diagnose gevolg deur bewysgebaseerde terapie.

Die department benadruk die belangrikheid van die St. Siluan-waarskuwingstekens van kinderkanker wat hier verkry kan word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button